U Kan Bybelprofesie Verstaan
Profesie is ‘n integrale deel van die Bybel, God se geïnspireerde openbaring aan die mensdom. Daardeur openbaar God Homself, Sy plan vir die mensdom en waarom ons hier is. Wanneer dit reg verstaan word, spreek die Bybel met ‘n duidelike, konsekwente en betroubare boodskap wat net so gepas vir ons is as wat dit vir die mense van antieke Israel was.