Dis tyd om jou Skepper te ken
Wie Is God? Die Bybel openbaar ‘n ware beeld van God. Die Bybel openbaar hoe Hy is, wat Hy gedoen het en wat Hy van ons verwag. Die Bybel vertel ons ook hoekom ons hier is en openbaar God se min verstane plan vir Sy skepping.
Die Skepper sê in Sy Woord, “Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie, wat van die begin af verkondig wat die einde sal wees, van ouds af die dinge wat nog nie plaasgevind het nie; wat sê, My raad hou stand” (Jesaja 46:9-10). Hy sê dat Hy nie net die toekoms voorspel nie, maar dat Hy dit laat gebeur. Wat ‘n kragtige getuienis oor die magtige God van die Bybel!
Hierdie studiegids ondersoek die ontsagwekkende aard van God en Jesus Christus soos in die Bybel beskryf. U ongelooflike toekoms met u liefdevolle Vader en Sy Seun Jesus Christus kan vandag begin.
