Huidige Onderwerp(e):

Bybelstudiegidse

Sononder tot sononder

God se Sabbatsrus

Waarom het God in die eerste plek ‘n rusdag beveel? Het Hy ‘n doel daarmee gehad, en indien wel, wat is daardie doel? Is die Sabbat enigsins relevant vir die mensdom vandag? Maak dit sin in vandag se wêreld?

In ons studiegids sal jy ontdek:

  • Watter dag die Sabbat is
  • Christus en die Sabbat
  • Is Sondag die Sabbat van die Nuwe Testament?
  • God se feeste as 'n 'skaduwee... van die toekomstige dinge'
  • Die Sabbat in vandag se wêreld

Maak jou oë oop vir die relevansie, skoonheid en belangrikheid van die heilige Sabbatdag.

Te veel van ons leef teen ‘n paniekbevange tempo en probeer desperaat om op hoogte te bly van alles wat ons moet doen. Dis geen wonder dat ons voel dat ons nie meer in voeling is met ons gades, ons families en selfs ons Skepper nie.

Die Sabbatsgebod word feitlik as irrelevant geïgnoreer, maar waarom het God die Sabbat so belangrik geag dat dit in die 10 Gebooie ingesluit is?

God se Sabbat is ‘n geskenk aan die mensdom wat seëninge en vryheid belowe. Ons gratis boekie “Sonsondergang tot Sonsondergang, God se Sabbatsrus” sal jou help om die waarheid oor die Sabbat te ontdek en ook te bepaal hoe hierdie kennis jou lewe beïnvloed.

Deel hierdie bladsy

Jy mag dalk ook belangstel in…

More About the Church

Overcoming & Improving Your Life

Bible Prophecy

Holidays & God’s Holy Days

Family Bible Discussion Guides