Huidige Onderwerp(e):

Bybelstudiegidse

Hemel en Hel

Wat Leer die Bybel Werklik?
Min dinge kan belangriker wees as wat met ons gebeur wanneer hierdie lewe eindig. Die meeste mense glo dat die Bybel leer dat ons na die hemel of hel sal gaan wanneer ons sterf. Hulle sal dalk verbaas wees oor wat dit werklik sê!

In ons studiegids sal jy ontdek:

  • Die Bybelse waarheid oor die onsterflike siel
  • Die moontlikheid dat 'n liefdevolle God mense vir ewig in die hel straf
  • Of hemel die beloning is vir die regverdiges?
  • God se belofte van die lewe na die dood
  • U ontsaglike toekoms

Hoeveel weet u van die hemel en hel?

V1. waar of onwaar 1. Die Bybel leer duidelik dat mense ‘n onsterflike siel het.

V2. waar of onwaar 2. Die apostel Petrus het gesê dat Israel se koning Dawid, ‘n man ‘na God se hart’, hemel toe gegaan het toe hy gesterf het.

V3. waar of onwaar 3. Die Skrif leer dat getroue mans en vroue soos Noag, Abraham, Sara, Josef, Moses en Ragab hemel toe is as beloning.

V4. waar of onwaar 4. Die Bybel sê vir ons dat die goddelose mense ewig sal ly in ‘n brandende hel.


Die korrekte antwoord op al bogenoemde is onwaar . As u sommige gemis het, moenie verbaas wees nie. Die meeste van ons is immers geleer dat hierdie leringe in die Bybel voorkom. Maar dit is nie so nie!

Moeilik om te glo? Jy sal die antwoorde op hierdie en ander vrae ontdek in ons insiggewende boekie, Hemel en Hel: Wat leer die Bybel werklik? Ons kan die waarheid weet oor wat na die dood gebeur.  Ly sommige van ons geliefdes in ewige vlamme? Kan ‘n God van liefde mense tot ‘n ewigheid van lyding in die hel veroordeel? Kan jy ‘n liefdevolle God met sulke idees versoen?

Slegs ‘n minderheid van die aarde se bevolking beweer dat hulle Christene is. Diegene wat Christendom bely, beslaan slegs ongeveer 28 persent van die wêreldbevolking.

Groot getalle van die ander 72 persent het nog nooit die geleentheid gehad om opreg te berou en Christus aan te neem bloot vanweë waar hul woon nie. Miljoene meer deur die eeue het nooit die geleentheid gehad a.g.v. wanneer hulle geleef het nie.

Sou dit regverdig en reg wees vir God om hulle aan dieselfde straf te onderwerp as wat Hy sal gee aan diegene wat Hom verwerp en hulself Sy vyande maak?

Kom saam met ons op ‘n reis deur die geskiedenisbladsye en u Bybel. U mag die wonderlike antwoorde daarvan verrassend vind!

Deel hierdie bladsy

Jy mag dalk ook belangstel in…

More About the Church

Overcoming & Improving Your Life

Bible Prophecy

Holidays & God’s Holy Days

Family Bible Discussion Guides