Huidige Onderwerp(e):

Bybelstudiegidse

Die Krag van die

Heilige Gees

Byna 2,000 jaar gelede het ‘n belangrike gebeurtenis plaasgevind—die Nuwe Testamentiese Kerk is op die Pinksterfees gestig. Net soos Hy belowe het, het God Sy Heilige Gees aan die volgelinge van Jesus Christus gegee.

In ons studiegids sal jy ontdek:

  • Die Eerste Dag van die Pinksterfees
  • Die Krag van God
  • Ontvang die Gees van God
  • Hoe die Gees in ons Werk
  • Hoe die Heilige Gees 'n Christen Definieer

Byna 2,000 jaar gelede het ‘n wonderbaarlike, belangrike gebeurtenis plaasgevind—die Nuwe-Testamentiese Kerk is op die Pinksterfees gestig.

Wat hierdie gebeurtenis so verstommend gemaak het—en Handelinge 2 meld dat die omstandighede van daardie dag werklik dramaties was—was die gee van die Heilige Gees aan die volgelinge van Jesus Christus, net soos Hy belowe het. (Johannes 14:16-17, 26; 15:26; 16:7-14; Handelinge 1:4-5, 8).

Wat is hierdie Heilige Gees wat daardie dag op Jesus se volgelinge neergedaal het? Hoekom het hierdie dinge gebeur? Wat moet ons uit daardie vreemde gebeurtenisse leer? Nog belangriker, watter rol speel die Heilige Gees in ‘n Christen se lewe? Om hierdie onderwerp te verstaan, moet ons eers verstaan wat die Heilige Gees is en wat dit nie is nie. Om dit te begryp, moet ons verstaan wat die Heilige Gees in ‘n Christen se lewe doen. Wat leer die Bybel oor die Heilige Gees? Die antwoord op hierdie vraag bevat die waarheid van die wonderlike toekoms wat God vir elke mens in die vooruitsig stel. Ons sal sien dat die Heilige Gees die katalisator in ‘n getransformeerde Christelike lewe is.

Deel hierdie bladsy

Jy mag dalk ook belangstel in…

More About the Church

Overcoming & Improving Your Life

Bible Prophecy

Holidays & God’s Holy Days

Family Bible Discussion Guides