Watter soort toekoms het God vir planeet aarde beplan? Deur Sy profete openbaar God baie spesifieke besonderhede van hoe hierdie wêreld in die Koninkryk van God getransformeer sal word. Let op ’n paar profesieë oor die wonderlike wêreld wat God vir ons beplan het:

’n Wêreld van Ongeëwenaarde Vrede

“… hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek” (Miga 4:3-4).

“Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek” (Jesaja 11:9).

Wilde diere se natuur sal verander

“Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ’n klein seuntjie sal hulle aanja” (Jesaja 11:6).

’n Wêreld van landboukundige-oorvloed

“Kyk, die dae kom, spreek die HERE, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees …en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet” (Amos 9:13-14).

“En Ek sal … die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees. En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee” (Esegiël 34:26-27).

Woesteny word getransformeer

“… want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis. En die gloeiende grond sal ’n waterplas word, en die dorsland fonteine van water …” (Jesaja 35:6-7).

Siekte word genees

“Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel” (Jesaja 35:5-6).

Die mensdom word ’n nuwe hart en gees gegee

“En Ek sal hulle een hart gee, en ’n nuwe gees in julle binneste gee … sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees” (Esegiël 11: 19-20).

Nasies sal God se weë leer

“En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE … dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan …” (Miga 4:2).

Jesus Christus sal die wêreld regeer

“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer … tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde …” (Jesaja 9:5-6).