Baie mense glo dat Jesus Christus geleer het dat die Koninkryk van God iets is wat slegs in die harte en gedagtes van gelowiges bestaan. Hulle baseer dit op Lukas 17:20-21, wat sê: “En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.”

Sulke aannames is om verskeie redes verkeerd. Die Griekse woord entos, vertaal as “binne-in,” word beter vertaal as “te middel van” (Vine’s Complete Expository Dictionary of Old and New Testament Words, “Within”). Die Nuwe Lewende Vertaling Bybel maak dit duidelik. Jesus Christus kon nie vir die Fariseërs hier vertel het dat God se Koninkryk iets was wat in hulle harte of verstand bestaan het nie—hulle wou Hom immers vernietig (Matteus 12:14, Markus 3:6).

In plaas daarvan, het Christus in hierdie gedeelte die paradoks, dat die Fariseërs nie die geestelike onderskeidingsvermoë gehad het om te erken dat die boodskap van die Koninkryk van God naby was of aan hulle aangebied was nie, uitgewys (Matteus 23:15-17). Om hierdie punt te beklemtoon, het Jesus, met verwysing na Homself, gesê “die koninkryk van God is tussen julle” of “hier by julle.” Die geestelik blinde Fariseërs het Jesus nie as die goddelike Verteenwoordiger van daardie Koninkryk erken nie.

Eerder as om vir die Fariseërs te vertel dat die Koninkryk van God iets in hulle harte was, het Jesus Christus hulle gewaarsku dat hulle geestelik so blind was dat hulle nie die verpersoonliking van daardie Koninkryk in Hom kon herken nie. Daar is geen basis in hierdie gedeelte om te glo dat die Koninkryk van God in ’n mens se hart setel nie.