Bybelstudiegidse

Die Evangelie van die Koninkryk

Wanneer Jesus Christus na die aarde terugkeer, sal Hy die glorieryke Koninkryk van God inlui. Tientalle profesieë vertel ons hoe die wêreld heeltemal getransformeer sal word en die hele mensdom ‘n lewenswyse geleer sal word wat vrede, voorspoed en produktiewe, vervullende lewens sal bring.

In ons studiegids sal jy ontdek:

  • Die Goeie Nuus van die Koninkryk van God
  • Die Belofte van die Komende Koninkryk
  • Profesieë van die Koninkryk van God
  • Die Evangelie van Christus en ons Verlossing
  • Hoe u die Koninkryk van God kan Binnegaan
Byna 2,000 jaar gelede het Jesus Christus, die Seun van God, aarde toe gekom en ‘n wonderlike toekoms, ná ‘n intense tydperk van aardskuddende rampe, vir die mensdom geprofeteer.

Sy boodskap, wat “die evangelie” genoem word, beteken “goeie nuus” — die baie goeie nuus wat die wêreld desperaat nodig het.

Maar wat presies is hierdie goeie nuus (evangelie) wat Jesus Christus verkondig het? Is dit net ‘n wonderlike verhaal oor Jesus Christus se geboorte, lewe, aktiwiteite, dood en opstanding? Dit is beslis ‘n integrale deel van die goeie nuus van God se plan vir die mensdom (Markus 1:1). Maar daar is soveel meer aan Sy boodskap!

Die dieper en baie meer omvattende boodskap wat Jesus geleer het, word selde gehoor. Dit is beslis goeie nuus—die wonderlikste nuus wat hierdie moeë, verontrustende wêreld, kan hoor. Dit behels huidige nuus en aangeleenthede, geskiedenis en profesieë, wet, genade en hoop vir die hele mensdom. Dit het betrekking op die lewe en dood, die aarde, hemel en meer.

Weet en verstaan wat Jesus gesê het. Lees of luister vandag na hierdie verhelderende boekie.

Inhoudsopgawe

Die evangelie van die Koninkryk van God is die boodskap wat Jesus Christus Sy volgelinge leer om te glo….
Die tema van Jesus Christus se evangelieboodskap was die goeie nuus van die Koninkryk van God….
Jesus Christus en die apostels het die evangelie, die goeie nuus van die Koninkryk van God, verkondig. Maar presies wat is daardie Koninkryk? ……
Deel hierdie bladsy

Jy mag dalk ook belangstel in…

More About the Church

Overcoming & Improving Your Life

Bible Prophecy

Holidays & God’s Holy Days

Family Bible Discussion Guides