Dienste word elke Sabbat (Saterdag) in die Pinelands-gebied om 11:30 gehou. Die ongeveer 2-uur lange erediens is gestruktureer rondom Bybelonderrig, gewoonlik ‘n preek en gesange. Die Kerk het ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir alle ouderdomme, en streef daarna om ‘n warm, omgee-gemeenskap te wees. Om lokaalbesonderhede te bevestig, kontak asseblief die predikant voor die diens.
Hallo en welkom!
Soos u waarskynlik weet, rus lede van die Verenigde Kerk van God (dit wil sê, weerhou hul van normale werk en ontspanning) en kom op die weeklikse Sabbat (Saterdag) bymekaar in ooreenstemming met die Vierde Gebod. Ons kom dikwels nie in werklike kerkgeboue bymekaar nie – ons plaaslike gemeentes vergader waar dit ook al geskik en toeganklik is. Ons het weeklikse gemeentes, en ons nooi u graag uit om een van ons dienste te besoek en te geniet. Die gemeentes kom weekliks bymekaar en ons sal dit baie waardeer as u by ons aansluit!
As u ons graag wil besoek, hier is meer inligting oor die formaat van ons dienste:
As ‘n wêreldwye organisasie het ons ‘n standaardformaat vir ons dienste, wat vir die grootste deel dieselfde is oor die hele wêreld. Die hele diens duur ongeveer ‘n uur en ‘n half, en ons moedig almal wat Sabbatdienste by ons bywoon aan om ‘n Bybel saam te bring. Omdat ons glo en leer dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is, sal ons predikante en ander sprekers tydens ‘n diens fokus op wat die Bybel sê. Lede word aangemoedig om die aangehaalde skrifgedeeltes self na te slaan en te lees. Baie sal aantekeninge maak vir latere hersiening. Die boodskappe wat in ons dienste aangebied word, is ontwerp om leersaam, nuttig, prakties en inspirerend te wees.
Na die diens het ons die geleentheid om gemeenskap te hê oor tee, koffie en ‘n paar versnaperinge. Ons probeer egter versigtig wees dat ons fokus op dinge van ‘n meer geestelike aard en minder op dinge van die wêreld.
Wanneer ons ‘n Sabbatdiens bywoon, kom ons in God se aktiewe teenwoordigheid, verskyn ons voor Hom met die doel om Hom te aanbid en van Sy weë te leer. Wanneer ons in die teenwoordigheid van God kom tydens Sabbatdienste, is daar ‘n respek en eerbied wat ons Hom betoon in die manier waarop ons aantrek. Gereelde lede van die Verenigde Kerk van God dra daarom tradisioneel hul beste klere. Sonder om te spesifiek te raak en terdeë bewus daarvan dat begroting ‘n groot rol speel in die klere wat ons kan bekostig, trek mans en vroue met gepaste beskeidenheid aan.
Ons hoop hierdie inligting is nuttig en weereens hoop ons dat u binnekort by ons sal aansluit vir ‘n aangename Sabbatdiens. Ons sien daarna uit om u te ontmoet.
Groete, Vivien Botha