Heilige Dag-kalender

“Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.”

Levitikus 23:2

Kyk gerus hier onder na die datums van God se Bybelse Feeste—Die Pasga, Die Fees van Ongesuurde Brode, Die Pinksterfees, Die Fees van Trompette, Die Versoendag, Die Huttefees en die Agtste Dag.

Volgens die Bybel begin die dae in die aand (Genesis 1:5) wanneer die son ondergaan (Josua 8:29; 2 Kronieke 18:34; Markus 1:32), en word “van aand tot aand” gereken (Levitikus 23:32). Dus begin al God se feeste met sonsondergang net voor die datums wat in hierdie tabel gelys word. Die feeste eindig met sonsondergang op die gegewe datums.

holy day calendar 2025 2034 0.png
2026
2026
Datum
*Begin die aand tevore; ++Word die vorige aand onderhou
Pasga*++
1 April
Fees van Ongesuurde Brood*
2-8 April
Pinkster*
24 Mei
Fees van Basuine*
12 September
Versoendag*
21 September
Loofhuttefees*
26 September – 2 Oktober
Die Agtste Dag*
3 Oktober
2027
Datum
*Begin die aand tevore; ++Word die vorige aand onderhou
Pasga*++
21 April
Fees van Ongesuurde Brood*
22-28 April
Pinkster*
13 Junie
Fees van Basuine*
2 Oktober
Versoendag*
11 Oktober
Loofhuttefees*
16-22 Oktober
Die Agtste Dag*
23 Oktober
2027
Datum
*Begin die aand tevore; ++Word die vorige aand onderhou
Pasga*++
10 April
Fees van Ongesuurde Brood*
11-17 April
Pinkster*
4 Junie
Fees van Basuine*
21 September
Versoendag*
30 September
Loofhuttefees*
5-11 Oktober
Die Agtste Dag*
12 Oktober



Die verlossingsplan, soos geopenbaar in die Bybel, word uitgebeeld in die betekenis van hierdie sewe jaarlikse Feeste.

events passover

Die Pasga

Die Pasga leer dat Jesus Christus sonder sonde was en, as die ware Lam van God, Sy lewe gegee het sodat die sondes van die mensdom vergewe kon word en die doodstraf verwyder kon word (1 Korintiërs 5:7; 1 Petrus 1:18-20; Romeine 3:25). Die Pasga, alhoewel dit nie as ‘n heilige dag (in die sin van ‘n 24-uur tydperk) gevier word nie, is die eerste Fees van die jaar.

events unleavened bread

Die Fees van Ongesuurde Brode

Die Fees van Ongesuurde Brode leer ons dat ons geroep is om wetteloosheid te verwerp en ons van sonde te bekeer. Ons moet leef volgens elke woord van God en volgens die leringe van Jesus Christus (1 Korintiërs 5:8; Matteus 4:4). Gedurende hierdie Fees simboliseer suurdeeg (gis) sonde en daarom word dit uit ons huise verwyder gedurende die sewe dae van die Fees (1 Korintiërs 5:7-8; Eksodus 12:19). Die eet van ongesuurde brood simboliseer die (begeerte om) in opregtheid en waarheid te leef, vry van sonde.

events pentecost

Die Pinkster

Die Pinksterfees, of Fees van Eerste Vrugte, leer ons dat Jesus Christus gekom het om Sy Kerk te stig. Hierdie Fees beeld die koms van die Heilige Gees en die stigting van die Kerk uit. Die eerste vrugte is diegene aan wie verlossing gegee sal word met die wederkoms van Christus. Hulle ontvang die Heilige Gees wat in elkeen ‘n nuwe hart en natuur skep om volgens die gebooie van God te leef (Eksodus 23:16; Handelinge 2:1-4, Handelinge 2:37-39; Handelinge 5:32; Jakobus 1:18).

.

events trumpets

Die Fees van Trompette

Die Fees van Trompette leer ons dat Jesus Christus sigbaar na die aarde sal terugkeer aan die einde van hierdie tydperk. Op daardie tydstip sal Hy die heiliges wat reeds gesterf het, opwek en die heiliges wat dan nog lewe, in onsterflike wesens verander (Matteus 24:31; 1 Korintiërs 15:52-53; 1 Tessalonisense 4:13-17). Hierdie Fees herdenk die blaas van die trompette wat Sy Wederkoms sal voorafgaan. Openbaring 8-10 beskryf sewe engele met sewe trompette. Christus sal terugkeer met die blaas van die sewende en laaste trompet (Openbaring 11:15).

events atonement

Versoendag

Die Versoendag leer ons dat Jesus Christus Sy lewe gegee het om vir die sondes van die hele mensdom te betaal. Dit dui ook na die tyd wanneer Satan vir 1,000 jaar gebind sal word (Levitikus 16:29-30; Levitikus 16:20-22; Openbaring 20:1-3). Jesus Christus word as ons Hoëpriester, wat versoening vir ons sondes doen en wat ons in staat stel om met God versoen te word en die “Allerheiligste” binne te gaan (Hebreërs 9:8-14; Hebreërs 10:19-20), op hierdie Heilige Dag uitgebeeld.

Deur op hierdie dag te vas, kom ons nader aan God en sien ons uit na die mensdom se versoening met God. Christus is noodsaaklik in hierdie proses as ons Hoëpriester (Hebreërs 4:14-15; Hebreërs 5:4-5; Hebreërs 5:10) en as ons ewige offer vir sonde (Hebreërs 9:26-28). 

events tabernacles

Die Huttefees

Die Huttefees leer dat met die wederkoms van Jesus Christus, ‘n nuwe samelewing gevestig sal word met Christus as Koning van die konings en Here van die here. Christus, bygestaan deur die opgestane heiliges, sal Sy regering op die aarde vir 1,000 jaar vestig (Openbaring 19:11-16; Openbaring 20:4; Levitikus 23:39-43; Matteus 17:1-4; Hebreërs 11:8-9). Sy heerskappy, gebaseer op God se wet, sal van Jerusalem af oor die hele wêreld versprei en ‘n ongekende tydperk van vrede en voorspoed inlui (Jesaja 2:2-4; Daniël 2:35; Daniël 2:44; Daniël 7:13-14).

events 8thday

Die Agtste Dag

Die Agtste Dag leer ons dat Jesus Christus Sy oes van mense sal voltooi deur hulle uit die dood op te wek en verlossing uit te brei na almal wat in die verlede gesterf het en nooit ‘n volle geleentheid vir verlossing gehad het nie (Esegiël 37:1-14; Romeine 11:25-27; Lukas 11:31-32; Openbaring 20:11-13).

Leer meer...

Is dit moontlik om te weet wat die toekoms vir ons inhou? Ons Skepper het ‘n doel met die mensdom en openbaar dit aan ons deur ‘n jaarlikse siklus van Feeste wat in die Bybel beskryf word. Dit is ‘n wonderlike plan wat ‘n ongelooflike toekoms bied aan elke man, vrou en kind wat ooit geleef het. Hierdie brosjure sal u help om die ongelooflike waarheid te verstaan van wat vir die hele mensdom voorlê.